... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om in Oorwinning te Leef

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

Listen to the radio broadcast of

Hoe om in Oorwinning te Leef


Download audio file

Dis een ding, om te weet dat Jesus gesterf het en weer opgestaan het om ons van sonde te bevry. Maar dit is ‘n heel ander ding om daardie waarheid uit te leef; om ‘n einde te maak aan daardie één sonde wat jou aanhoudend pootjie.

En dit is ‘n probleem, nie waar nie? Ons weet dat Jesus aan die kruis gesterf het om die prys vir ons sonde te betaal en ons vry te maak van die mag wat dit oor ons lewens het. Maar die probleem is dat sonde – veral daardie één sonde wat ons voortdurend teister – blykbaar voortduur.

Romeine 6:1,2 Dink jy dus dat ons moet aanhou sondig sodat God ons meer en meer genade sal gee? Natuurlik nie! Ons ou sondige lewe het geëindig. Dit is dood. So hoe kan ons voortgaan om in sonde te lewe?

Ja, dit is ‘n retoriese vraag, maar die antwoord is redelik maklik. Dit lyk asof ons net weer en weer daarin teruggly.

Kom ons fokus vir die oomblik op daardie “één sonde” in jou lewe. Wat is dit? Vir my is die sonde wat ek moes hanteer, woede. Wat is joune? En as jy daaraan dink, is daar altyd ‘n sneller, iets wat dit aan die gang sit. Dit is tyd om jou sneller te identifiseer. Wat is dit? En watter plan kan jy maak om wanneer dit die volgende keer gebeur, die regte keuse te maak, eerder as jou gewone slegte een?

Jy het ‘n wonderlike brein wat in staat is om homself te herbedraad. Ons noem dit neuroplastisiteit. Jou brein sal outomaties wil terugbeweeg na die verkeerde keuse wanneer hy daardie sneller ervaar; maar wanneer jy jou nuwe plan in werking stel, en dit aanhoudend herhaal, skep dit nuwe gedragspatrone.

God het ‘n plan. Hy het vir Jesus gestuur om jou van sonde vry te maak. Dit is tyd dat ek en jy ons planne hersien, om met sy plan ooreen te stem.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.