... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om Kritiek te Hanteer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 15:31 Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe om Kritiek te Hanteer


Download audio file

Daar is twee vorme van kritiek waaraan ons blootgestel word. Die soort wat ons doelbewus wil afbreek en die soort wat ons wil opbou.

Ja, daar is mense wat jou wil ontmoedig, jou tyd wil mors, en jou van die spoor af wil bring. Hulle kom oral voor. En die beste manier om dit te hanteer, is deur ‘n goeie onderskeidingsvermoë te ontwikkel. 

As jy voor jou siel weet dat iemand ‘n twyfelagtige karakter het en dat sy uitkyk skeef is; hoekom, o hoekom, sal jy sy kritiek ter harte neem?

Ons ontvang soms kritiek van mense wat werklik vir ons omgee en met die beste bedoelings raadgee. Die probleem is dat dit soms nie sensitief hanteer word nie. Hul kritiek klink dalk veroordelend, of dalk is hulle tydsberekening verkeerd, of ander kere voel dit asof hulle ons wil dwarsboom. Weet jy, dit kan selfs hul stemtoon of hul gesigsuitdrukking wees wat ons pla en dan weier ons om hulle goeie raad te aanvaar. Nou ja, wat is ons veronderstel om te doen?

Spreuke 15:31 Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. (NLV)

Dit wys jou hoe belangrik onderskeidingsvermoë is. Dit gaan nie soseer daaroor of ons lus is om hul kritiek te aanvaar of nie, of die feit dat dit ons trots krenk en of dit dalk swak oorgedra is nie. Nee, die sleutelvraag oor die hantering van kritiek, is dit: Is dit nuttig? Sal dit ‘n positiewe verskil maak as ek dit volg?

Om onder die Wyses gereken te word, moet jy immers leer om waardevolle kritiek te aanvaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.