... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wedloop van Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 20:22-24 En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig.

Listen to the radio broadcast of

Die Wedloop van Genade


Download audio file

Hulle sê: Hoe steiler die opdraand hoe vinniger hardloop die sterkes. Dis ‘n interessante teorie, maar kom ons wees eerlik. Wanneer dit moeilik raak, kom ons al te dikwels tot stilstand.

Wanneer dit swaar gaan, kom ons regtig maklik in die versoeking om die verkeerde ding te doen. Daar is ‘n rede daarvoor. Die Bybel sê vir ons dat die duiwel soos ‘n brullende leeu rondloop en soek vir iemand om te verslind. (1 Petrus 5:8).

Hy wag altyd totdat ons op ons swakste is, voordat hy toeslaan! Die geswoeg van die lewe verander in ‘n worstelstryd van skuldgevoelens. Nou maar sê my, wat doen jy wanneer jy swaarkry? Kom ons kyk na Paulus se woorde in:

Handelinge 20:22-24 Maar nou moet ek die Gees gehoorsaam en na Jerusalem gaan. Ek weet nie wat met my daar gaan gebeur nie. Ek weet net dat die Heilige Gees in elke stad vir my sê dat probleme en selfs tronk op my wag. Ek gee nie om oor my eie lewe nie. Die belangrikste is dat ek my werk klaarmaak. Ek wil die werk voltooi wat die Here Jesus my gegee het om te doen—om mense die Goeie Nuus oor God se genade te vertel.

Paulus was vinnig om te erken dat hy tydens die baie moeilike lewe waartoe God hom geroep het, baie foute gemaak het. Maar hy het waarskynlik meer as enige ander Bybelskrywer, getuig van God se guns. En dit is daardie onverdiende guns wat hom gedryf het om die Goeie Nuus oor die destyds bekende wêreld te verkondig, al sou dit hom uiteindelik sy lewe kos.

Ons het elkeen die geleentheid om die keuse te maak tussen ‘n lewe wat worstel met skuldgevoelens en ‘n oorwinninglewe van vloei vanuit sy genade en guns.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.