... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om tot Bekering te Kom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe om tot Bekering te Kom


Download audio file

Die afgelope paar dae het ons gesels oor die uiters belangrike onderwerp, naamlik die oorwinning oor die mag van sonde in ons lewens, sodat ons dié mense kan wees wat God ons gemaak het om te wees. Die vraag is egter, hoe doen ons dit?

Ja, ek weet die teorie is nie genoeg nie. Ja, dis reg, Jesus het aan die kruis gesterf sodat ons vergewe kan word en die mag van sonde oor ons lewens gebreek kan word. Ja, nog steeds reg, Hy het weer opgestaan sodat ons ‘n nuwe lewe kan hê. Dit is alles goeie nuus, maar hoe leef ons dit uit? Hoe word dit ‘n werklikheid in ons lewens? Hoe bekeer ons ons en leef ons vry van sonde?

Hand 3:19,20 Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.(NLV)

Bekering behels ‘n ommekeer, en dit is nie voordat ons tot inkeer kom, dat ons sondes uitgewis word nie. Kom ons dink na oor hierdie proses. Hoe kom jy tot inkeer? Wel eerstens, moet jy, soos die verlore seun, tot insig kom en erken dat hierdie lewe van sonde nie werk nie. Dit beteken om jou trots te sluk en te erken dat jy verkeerd is.

Verder moet jy jou tot God wend en bid en vra vir sy vergifnis. Vra Hom om sy Gees kragtig in jou uit te stort.

Maar dan volg daar is nog ‘n kritieke stap – om nie terug te draai nie. Gaan voort op die pad van bekering. Werk saam met God. Laat toe dat die Gees jou lei om jou reaksie op die snellers wat jou tot sonde lei, te heroorweeg. So sal jy nuwe reaksies, wat nuwe gewoontes skep en wat uiteindelik jou gedragspatroon word, vestig.

God nooi ons uit na ‘n kragtige vennootskap wat kragtige seën inhou.

Kom tot inkeer en maak reg met God sodat Hy julle sondes sal uitwis. Dan sal die teenwoordigheid van die Here tye van oplewing tot gevolg hê, en Hy sal Jesus julle Messias weer na julle toe stuur.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.