... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Reageer Mens op die Toename in Boosheid?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 1:16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Reageer Mens op die Toename in Boosheid?


Download audio file

Boosheid vier deesdae hoogty. Aan die eenkant is dit eintlik niks nuuts nie. Dit was nog altyd die geval. Maar het jy opgelet, dat boosheid hand oor hand toeneem? Boosheid word nie net aangemoedig nie, maar ook toegejuig.

Dit is nie maklik om te maak asof boosheid nie bestaan nie, is dit? Die temperatuur styg. Dit is asof die vlamme van die hel aan ons voete lek. Onwettige boosheid is nie net die norm nie, dit word gewettig. Dit lyk asof dit oorneem…

Wat moet ons as volgelinge van Christus doen? Ek sal jou vertel wat ek baie Christene, miskien selfs ek en jy, sien doen. Hulle veg terug. Hulle skree en bulder: Ek is geregtig op my eie opinie. Ek is geregtig op vryheid van godsdiens. Ek is geregtig …

Die probleem is egter dat die Bybel nie praat oor dinge waarop ek of jy in hierdie wêreld geregtig is nie. Om die waarheid te sê, in beide die Ou en die Nuwe Testament, is die enigste reg wat ons het, die reg om te ly, vir die naam van my Here Jesus Christus. 

Wat moet ek aan die saak doen? Hoe moet ek en jy reageer op hierdie toename in boosheid?

Ons lees in: Jesaja 1:16,17 Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.

God beveel ons, om nie slegs nie soos die bose mense daar buite op te tree nie, máár om eers voor ons eie deur te vee. Om goed te doen. Om mense regverdig te behandel. En dan, ongeag wat die koste is, om ‘n stem te wees vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Vir die weduwee, vir die weeskind … vir die ongebore baba.

Dit is presies wat Jesus gedoen het, en dit het Hom sy lewe gekos.

Hou op met kwaad doen. Leer om weer goed te doen.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.