... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hopeloos te Klein

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.

Hoe meer ek die Bybel lees en hoe meer ek na God luister, hoe meer besef ek hoe gebrekkig my begrip van Hom werklik is, en hoe meer wil ek van Hom ontdek. Meer van God, nog meer van Hom. Wat van jou?

Net wanneer jy dink jy verstaan God, gebeur daar iets en jy besef dat jy waarlik geen idee het van wie Hy is nie.

In my gebedstyd die afgelope paar dae, het die Heilige Gees my gelei na ‘n deel van die Bybel wat ek nie beplan het om nou te lees nie … en net daar het Hy begin om iets te hanteer, wat ek nie eers geweet het ek moet hanteer nie. Hy het dinge uit sy Woord begin openbaar wat ek voorheen gesien het, maar nie verstaan het nie.

Dink net – hier is ek, een outjie van amper agt biljoen mense op die planeet. Hoe kan hierdie selfde God wat sterre in die ruimte gesprinkel het, die God wees wat my oë oopmaak? Ek is seker dit was een van daardie selfde aha-oomblikke vir Jeremia toe hy in:

Jeremia 32:17 gesê het: Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie.

Hoekom deel ek dit vandag met jou? Want dit is ook tyd vir een van daardie aha-oomblikke in jou lewe. Dit is tyd om verstom te staan oor die heerlikheid, en die prag, en die krag van God, die majesteit van God, en tog, terselfdertyd, die tere genade van God.

Solank ons aan hierdie kant van die ewigheid staan, sal ons begrip van God natuurlik altyd onvoldoende wees. Des te meer rede om nader aan Hom te kom en te hoor hoe Hy sy liefde in ons harte fluister.

Ag, Here God! Niks is vir U onmoontlik nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.