... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hou jou Oog gerig op die Oorwinnaarskroon

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 9:24-27 Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

Listen to the radio broadcast of

Hou jou Oog gerig op die Oorwinnaarskroon


Download audio file

Ek is nie ’n besonder begaafde sportman nie, maar ek geniet dit om sport te kyk. In Januarie vanjaar was ‘n jong vrou, Ash Barty, die eerste Australiër in vier-en-veertig jaar, wat die Australiese Ope ‘Grand Slam’-tennistoernooi gewen het.

Jy kan jou seker voorstel, hoe die hele land feesgevier het, toe sy daardie groot silwer trofee in die lug gehou het. Sy is ‘n nederige jong vrou. Sy het haar op die baan nederig gedra; en gespeel sonder enige toertjies en sonder om te probeer aandag trek. Maar ek het selde iemand gesien met ‘n skerper fokus op haar spel as hierdie jong vyf-en-twintigjarige. Kom ons kyk wat sê:

1 Korintiërs 9:24-27 Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

Jy sal waarskynlik nooit ‘n ‘Grand Slam’-toernooi wen nie. Ek beslis ook nie! En tog, as ons ons vertroue in Jesus gestel het om ons te red, is daar ‘n veel groter prys wat op ons wag. Maar jy wen nie daardie ewige prys deur doelloos deur die lewe te dwaal nie; net so min as wat ‘n tennisspeler ‘n ‘Grand Slam’-toernooi sal wen deur onvoorbereid op die dag van die kompetisie op te daag, nè?

Bly gefokus, hou jou oog op die oorwinnaarskroon.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.