... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hulle het Genade Gevind

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hulle het Genade Gevind


Download audio file

Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar die genade van God slaan my voete heeltemal onder my uit. En hoe meer ek mediteer en stil word en probeer om die diepte van God se guns, sy genade en sy liefde deur Jesus vir my, te verstaan, hoe meer onbegryplik word dit.

Hoekom voel ek so? Want aan die een kant kan ek alles sien wat Hy vir my gedoen het. Maar aan die ander kant kan ek my rebellie en my sonde sien, en ek weet ek verdien God se straf. Ons het tog almal gesondig. Ons het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar God spreek ons, sonder enige verdienste van ons kant vry op grond van die verlossing wat Jesus vir ons verkry het. 

Vir baie jare was my instink om van God af weg te hardloop en om weg te kruip. Maar kyk na die instink van die herders in daardie nag, toe die engele vir hulle die Goeie Nuus van hul Verlosser se geboorte vertel het … hulle het na God toe te hardloop.

Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê.

In daardie stal, in daardie krip, in daardie stinkende trog het die herders God se wonderlike, nederige en liefdevolle genade beleef.

Daar is tye in ons lewens wanneer ons sonde so groot en duister is, dat ons voel ons wil weghardloop. Met ons hele wese voel ons hierdie drang om ons rug op God te draai, om te hardloop en om weg te kruip. Dis wat sonde aan mens doen. Maar my vriend, Jesus het vir jou na die wêreld gekom! Christus het gekom om jou Verlosser te wees.

Draai terug na Hom. Ontdek sy genade. Ontdek ‘n liefde so groot dat God sy eie Seun, in nederigheid na hierdie wêreld gestuur het om te ly en vir jou te sterf, sodat jou sonde vergewe kan word; sodat jou lei heeltemal skoongevee kan word. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy