... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Meer Guns as Waarvan Ons Kan Droom 

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

Listen to the radio broadcast of

Meer Guns as Waarvan Ons Kan Droom 


Download audio file

Hoe meer tyd jy spandeer om diep na te dink oor die genade van God, hoe meer lewensveranderend word dit. En ek glo dat dit absoluut noodsaaklik is. God se genade is bedoel om ons lewens radikaal te transformeer!

Die lewenstransformerende genade van God wat Hy oor ons uitgestort het, toe ons Jesus se radikale geskenk aanvaar het, is die tema waaroor ons die afgelope week en ‘n half saam gedink en geworstel het om in te neem. 

Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

Ja, ons is reeds met elke geestelike seëning deur Jesus geseën. Ja, ons is voor die grondlegging van die wêreld uitverkies, deurdat ons sondes weggevee is en nou is ons deur ‘n heilige en onberispelike lewe op pad na ons ewigheid in sy teenwoordigheid. Maar kyk weer na daardie laaste stukkie …

In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

Ek en jy, is bestem om deur sy glorieryke genade, wat Hy aan ons betoon het, as sy kinders aangeneem te word. Genade op genade.

Ek en jy behoort dood in ons sonde te wees. In plaas daarvan is ons lewend in Christus. As dit nie absoluut lewensveranderend is nie, weet ek nie wat is nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.