... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy het Jou Spesiaal Gekies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:3,4 Efesiërs 1:3,4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.

Listen to the radio broadcast of

Hy het Jou Spesiaal Gekies


Download audio file

Glo jy in Jesus? Glo jy dat Hy gesterf het om die prys vir jou sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om vir jou ‘n nuwe, oorvloedige, ewige lewe te gee? Dan het ek vandag goeie nuus vir jou. Baie goeie nuus.

Gister het ons gesels oor die kragtige waarheid dat as jy in Jesus glo, jy reeds deur Hom met elke geestelike seëning geseën is. Die twee kernwoorde is “reeds” en “elke”.

Maar kom ons neem dit een stap verder: Hierdie seën is ‘n radikale en oorvloedige gevolg van God se genade teenoor ons.

Efesiërs 1:3,4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.

Kom ons stop net vir ‘n oomblik en laat dit insink. Voordat die heelal nog geskape is, is jy in Christus uitverkies, ja jy, was deel van God se hart. En nie net om geseën te word nie, asof dit nie genoeg is nie. . .

Maar om in liefde heilig en onberispelik voor Hom te wees. Met ander woorde, die bloed van Christus het jou skoon gewas. Sy bloed het jou rein gemaak soos onbedorwe spierwit, vars sneeu voor God; jou sonde is heeltemal weg gewas deur dit wat Jesus vir jou gedoen het.

En nou is die volgende stap in daardie radikale seën op jou pad na die ewigheid joune; om heilig en onberispelik te leef. Dit is die tweede deel en net so belangrik, want dit is jou bestemming in Christus. Indien jy dus wil hê volgende jaar moet beter wees as die hierdie een, leef met jou oë gevestig op die ewigheid. Leef jou lewe heilig en onberispelik.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy