... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy is Steeds Op Soek Na Dissipels

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Listen to the radio broadcast of

Hy is Steeds Op Soek Na Dissipels


Download audio file

Waarna sien jy hierdie jaar uit? Gaan hierdie jaar maar weer ‘n herhaling van dieselfde ou, vervelige patroon wees . . .? Dieselfde werk, dieselfde roetine. Of sien jy uit na ‘n avontuur? Wat gaan hierdie jaar vir jou inhou?

Nouja, ek en jy het regtig geen idee van wat vir ons voorlê nie. Maar terwyl ons oor die drumpel van hierdie nuwe jaar stap, is daar iets wat ons kan doen om dit ‘n bietjie interessanter en ‘n bietjie meer opwindend te maak. En dit het alles te doen met ‘n borrelende gevoel van afwagting; ‘n verwagting dat wanneer ons Jesus in die onbekende volg, dit ‘n avontuur gaan wees.

Gister het ons gesien hoe Hy Simon Petrus en sy broer Andreas geroep het om Hom te volg en wat hulle gedoen het. Maar Jesus wou nog meer dissipels gehad het.

Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus ‘n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in ‘n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Kom ons kyk hierna. Jesus het nog twee ouens, Jakobus en Johannes, uit hulle veilige, voorspelbare lewe na ‘n onsekere bestaan geroep. Hulle was gewoond daaraan om aand na aand, dieselfde ding saam met hul pa, Sebedeus, te doen. Hulle het die boot uitgehaal, hul nette laat sak, vis gevang, terugkom, die vis skoonmaak en dan hul vangs op die mark verkoop. Dit was hulle hele lewe. Maar toe Jesus hulle roep, het hulle dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

Jesus is steeds op soek na dissipels om Hom te volg. Is jy gereed? Sal jy gaan?

. . .hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Dis God se Woord. Vars . . . vir jou . . . vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy