... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

In Die Tussentyd …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle wag dat hierdie dinge gebeur, moet julle hard werk om vlekkeloos en sonder fout deur God bevind te word. Lewe in vrede met God.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

In Die Tussentyd …


Download audio file

Ons almal weet, met absolute sekerheid dat ons tyd op hierdie aarde eendag sal eindig. En hoewel ons verlede soms ons gedagtes oorheers, is die eintlike vraag: hoe moet ek tussen vandag en die wederkoms leef?

Die afgelope paar dae het ons gesels oor die einde van die wêreld … en wat volgende kom. Ons het gelees uit:

2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV)

Jy kan kies om dit te glo of nie, maar wat jy ook al glo, dit verander nie ‘n snars aan die uitkoms nie. Die einde kom. En soos ek gesê het, die vraag is dus, hoe moet ek my lewe tussen nou en dan leef. Die antwoord kom ‘n paar verse later in:

2 Petrus 3:14 Daarom, geliefdes, terwyl julle wag dat hierdie dinge gebeur, moet julle hard werk om vlekkeloos en sonder fout deur God bevind te word. Lewe in vrede met God. (NLV)

Onthou, Petrus het hierdie brief geskryf aan die Christene, wat as gevolg van uiterste vervolging, oor die hele bekende wêreld versprei was. En hy moedig hulle aan om hard te werk. Die oorspronklike teks praat daarvan om ywerig te wees en om sonder vlek of gebrek deur God evind te word.

En daardie oproep op ons almal se lewens, word nie tydens moeilike tye opgeskort nie. Hier is geen uitklim-klousule nie. Ja, ons word deur ons geloof in Jesus uit genade gered. Maar ons reaksie op daardie genade is om ons lewens opreg vir Hom te leef, al word dinge vir ons moeilik.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.