... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Individualisme vs Gemeenskaplikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:10 Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.

Dis deesdae ‘n algemene verskynsel om vas te kyk in die gesigte van jonk en oud wat almal aan hulle slimfone vasgenael is. Ja, dit is frustrerend, maar dit vertel ons baie oor wat besig is om in ons samelewing, en inderdaad in ons eie lewens, te gebeur.

Dit was so anders toe ek grootgeword het. Ons was deel van ‘n gemeenskap, maar ek is bevrees dit is vandag vervang deur ‘n gees van individualisme. Voordat motors so volop was, het mense ‘n bus of die trein gehaal. Nou word die are in elke groot stad in die wêreld verstop deur motors. Motors met hoofsaaklik een persoon in.

Slimfone het ons enersyds meer aan mekaar verbind maar terselfdertyd meer geïsoleerd gelaat. Die ergste daarvan is dat ons dit net so aanvaar. Ons het ons hande in die lug gegooi, want dit is net soos dinge deesdae is. Maar hulle hoef nie te wees nie. Kyk wat sê:

Spreuke 27:10 Moenie by ‘n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: ‘n buurman wat naby is, is meer werd as ‘n broer wat ver is.

Ek hou van hierdie versie, omdat dit vir my ‘n aangrypende herinnering inhou. Maar weet jy, dit is inderdaad ‘n opdrag van God om ‘n gemeenskap te bou van mense wat op mekaar kan vertrou. ‘n Veilige hawe waar jy selfs raad by jou pa se vriende kan vra. Met ander woorde, ons visie op gemeenskap moet baie wyer strek as die versmorende grootte van ons slimfoonskerms of selfs ons eie eng kringetjies.

Kyk rond. Watter geleenthede gee God jou om verhoudings te bou? Wie het nou jou hulp nodig? Wie in jou omgewing kan jy seën met ‘n vriendelike woord of ‘n helpende hand?

Hoe kan God se liefde deur jou na die hart van iemand wat Hom nou, vandag, dringend nodig het, vloei?

Moenie jou vriende of jou pa se vriende vergeet nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.