... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Instapbewys

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Deesdae hou ons nie meer van ‘n saak wat duidelik óf swart óf wit is nie. Deesdae is dit baie geriefliker om in skakerings van grys te dink. Al daardie swart en wit, regte en verkeerde goed, is per slot van rekening uit die oude doos. O so? En het jy al ooit op ‘n vliegtuig probeer klim sonder ‘n instapbewys? Of ‘n grens sonder ‘n paspoort probeer oorsteek? Jy hoef nie Einstein te wees om agter te kom dat dit net nie gaan werk nie. Wat laat ons dink dat ons sonder Jesus met God kan praat? Miskien dink jy ek’s arrogant? Ag man, lei alle paaie nie na Rome toe nie? Dit maak seker nie saak wat jy glo nie, solank jy dit net opreg glo? As jy ‘n goeie lewe lei, gaan jy sekerlik hemel toe! Nee ou maat, jy klim nie op ‘n vliegtuig sonder ‘n instapbewys nie. En jy steek nie ‘n grens sonder ‘n paspoort oor nie. Jesus het dit so gestel in: Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. Of jy dit wil hoor of nie, laat ek dit baie duidelik stel. Tensy jou lewe wys dat jy met jou hele hart glo dat Jesus die Seun van God is; dat Hy vir jou gesterf het, sodat jou sondes vergewe kan word en dat Hy weer opgestaan ​​het, sodat jy ‘n nuwe lewe kan hê – ‘n ewige lewe in sy teenwoordigheid … sal jy nie die poorte van die hemel binnegaan nie. Dis is nou maar net so! Maar die goeie nuus, die fantastiese nuus, is dat wanneer jy dit doen, jy heeltemal vergewe word; jy ‘n heeltemal nuwe lewe het; jy heeltemal seker kan wees dat wanneer jou liggaam sterf; jy die ewigheid by God sal deurbring. Vir ewig en altyd en altyd, amen! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge