... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is Jou Veiligheidsgordel Vas?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 1:32,33 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.”

Listen to the radio broadcast of

Is Jou Veiligheidsgordel Vas?


Download audio file

Probleme sal ons van tyd tot tyd tref, of ons dit nou wil weet of nie. Net wanneer dit lyk asof alles goedgaan, ontplof dinge! Probleme tref altyd wanneer ons dit nie verwag nie. En omdat dit ons onverwags tref, is die skok tien keer erger.

Deur die jare het ek baie gevlieg. Dit is ongelukkig iets wat in die afgelope jaar of wat, as gevolg van inperkings, baie minder was, maar ek onthou heelwat senutergende oomblikke in vliegtuie.

Omdat ek in Australië woon, is ek ver van alles af en dus is veertien-uur-lang vlugte nie vir my ongewoon nie. Ek het al opgelet dat die vlieënier altyd aanbeveel dat passasiers hul veiligheidsgordels vir die duur van die vlug vasgemaak moet hou, maar dat die meeste mense dit ignoreer. Onverwagte turbulensie en stories van nooddeure wat tydens die vlug oopgaan en mense wat buitentoe gesuig word, het my laat besluit om eerder versigtig te wees en altyd my veiligheidsgordel vas te hou.

Spreuke1 bevat wonderlike wysheid. Ek wil jou regtig aanmoedig om jou Bybel te gryp en dit te lees. Dit spreek van die feit dat God se wysheid is soos iemand wat op ‘n straathoek staan en ons roep. Maar die jammerte is dat die meeste mense dit ignoreer, omdat hulle selfvoldaan is. Wanneer terreur toeslaan, is hulle heeltemal onvoorbereid. Die hoofstuk eindig hiermee:

Spreuke 1: 32,33 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” 

Erge onstuimigheid tref byna altyd sonder waarskuwing. Hier is die vraag: Is jy vasgegord?

God se plan is om jou voor te berei op daardie angswekkende tye; om Sy wysheid vir jou aan te bied, voordat daardie verskriklike onstuimigheid toeslaan.

…maar wie na my luister, sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie.” 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.