... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daar is Nie Klein Sondetjies Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Daar is Nie Klein Sondetjies Nie


Download audio file

Die lewe is vol kompromieë. Ek dink dit is vandag meer as ooit ‘n werklikheid. En tog is daar ‘n paar kompromieë wat ons maak, wat ons kan beroof van alles wat God vir ons lewens beplan het. Selfs wanneer dit vir ons lyk asof hierdie kompromieë klein en onbeduidend is.

Daar is tye in ons lewens wanneer dit vir ons voel asof, ten spyte van die feit dat ons alles reg doen, dinge aanhou skeefloop. Dit is asof God nie sy deel doen nie.

Soms is dit omdat sy tydsberekening net nie ons tydsberekening is nie. Maar ander kere, voel dit asof iets vir God verhoed om ons te seën. Dit voel asof daar ‘n soort van ‘n verstopping is.

As jy al ooit ‘n geblokkeerde pyp in jou huis gehad het, sal jy weet dat ‘n baie klein verstopping ‘n groot hoeveelheid water kan terughou.

En soms is daar klein kompromieë in ons lewens wat ons vir God probeer wegsteek. Dit kan iets klein en verborge wees; iets wat ons so maklik regverdiging voor kan kry of verskonings voor kan maak; iets wat niemand anders, behalwe God kan sien nie. En Hy wag eenvoudig vir ons om dit reg te stel, om die verborge verstopping te verwyder, sodat sy lewende water kan vloei.

“Maar dit is so klein. Niemand kan dit sien nie.” Miskien…maar dit is hoe blokkasies werk. En weet jy, in God se oë is sonde nooit klein nie.

Maar in 1 Johannes 1: 9 staan: As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig. (AFR20)

Wat is daardie verstopping in jou lewe? Watter klein, verborge sonde hou die massiewe stroom van God se planne, God se seëninge in jou lewe, terug?

As jy jou sondes bely, sal God jou vergewe.

Moet dus nie net daar sit nie. Verwyder die verstopping. Laat die seën vloei.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge