... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Goeie Herder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:11-15 “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

Ek het reeds as ‘n tiener my hart aan Jesus gegee. Maar toe ek die skool verlaat, het ek gevoel ek is vrygemaak van daardie slawerny, soos ek dit gesien het. Ja man, daar was ‘n hele nuwe wêreld daar buite om te verken. Ek het die huis verlaat, by die weermag aangesluit en die lewe begin ontdek.

Jy sal nie glo hoeveel aanloklike dinge daar buite was nie … en ek het besluit om dit te geniet. God? Ag nou-ja, diep binne-in het ek geweet die dinge wat ek doen en hoe ek leef, behaag Hom glad nie. Ten spyte daarvan, het ek op my eie weggedwaal. En weet jy, die lewe wat soveel beloftes ingehou het, was toe uiteindelik ‘n wildernis vol vraatsugtige wolwe en plunderende rowers. Dit is wat met ‘n mens gebeur. 

Daarom het Jesus in Johannes 10:11-15 gesê:

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. ‘n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy ‘n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is ‘n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

 Daar is baie vals herders daar buite. Maar Jesus, was die ware herder. Hy het boodskappe gebring wat soveel trefkrag gehad het, maar Hy het dinge nie net by praat gelos nie. Hy het Homself bewys deur Sy lewe af te lê om mense soos ek en jy te red.

Jesus is die Een, ware Herder. Volg hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.