... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Lig vir die Wêreld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:12 Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Die afgelope paar weke het ons ‘n bietjie gesels oor die duisternis wat op die wêreld toesak. Maar dit geld nie net vir die wêreld nie. Duisternis oorheers menige lewens.

Ons is die afgelope paar jaar voorwaar deur ‘n moeilike tyd. Dit was die hele COVID-pandemie; met die baie sterftes, die burgerlike onrus op sommige plekke en die ekonomiese en sosiale gevolge op ons almal. En nou praat ons nie eers van al die normale “dinge,” wat in ons lewens aangaan nie – en daar is altyd ‘n paar “dinge,” nie waar nie?

Dis maklik om onder sulke omstandighede, wat net aangaan en aangaan, swartgallig te word. Dit voel later soos ‘n lang, koue winter wat nooit gaan end kry nie. Baie mense se geloof wankel en hulle begin wonder waar God dan is.

Johannes 8:12 Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Maar weet jy, dit lyk vir my of die moeilike tyd waarin ons leef eerder vir ons ‘n groot geleentheid bied. Die geleentheid om nader aan Jesus te kom. Die geleentheid om Hom toe te laat om sy lig in ons lewens te laat skyn. Die geleentheid om Hom opnuut te volg en die lig te ontvang wat lewe gee. Ware lewe, oorvloedige lewe, net soos Hy belowe het.

Ja, sonder lig is geen lewe op hierdie aarde moontlik nie. As die son nie môre, of die volgende dag, weer opkom nie, sal ons, saam met almal en alles op die planeet, binnekort dood wees.

Gryp die geleentheid aan. Jesus is die lig van die wêreld. In Hom sal jy die Lig hê wat jou lewe gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.