... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus Stel die Twaalf Aan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 3:13-15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf ... (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Jesus Stel die Twaalf Aan


Download audio file

Ek glo nie dat een van ons dink dat God deur óns ‘n wesenlike verskil in hierdie wêreld kan maak nie. Deur ander ja, maar nie deur ons nie. En dis tog snaaks dat God die merkwaardigste dinge deur gewone mense doen.

As ek of jy Jesus was, en ons kon net twaalf dissipels kies om die pilare van die Koninkryk van God op aarde te vestig, hoe sou ons die werwingsproses hanteer het?

Sou ons in koerante en aanlyn adverteer? Gesoek: 12 apostels. Moet die Koninkryk van God gaan verkondig, sodat hulle geslaan en doodgemaak kan word vir hul geloof? Sou ons iemand kry om volgens CV’s ‘n kortlys van kandidate vir onderhoude op te stel? Wat van aanlegtoetse?

Wat het Jesus gedoen? Hy het die hele nag in gebed deurgebring en ons lees in:

Markus 3:13-15 Hy het toe teen die berg uitgeklim. Hy het hulle op wie sy keuse geval het, nader geroep, en hulle het na Hom gekom. Hy het toe twaalf aangestel, wat Hy ook apostels genoem het, sodat hulle saam met Hom kon wees, en Hy hulle kon uitstuur om te preek, en hulle volmag kon hê om demone uit te dryf. (AFR20)

Jesus het groot planne vir hierdie manne gehad. Hulle sou die stigters word van hierdie ‘kerk’ wat gedurende die volgende (ten minste) tweeduisend jaar, miljarde lewens sou transformeer.

Ja-nee, dit was groot planne. Daarom het Hy nie die bes gegradueerdes van die beste teologiese universiteite gekies nie. Nee. Hy het eenvoudige, relatief onopgevoede mense soos vissermanne, mense wat sosiaal verwerp is en sondaars, soos tollenaars, gekies. Hy het gewone mense, net soos ek en jy, gekies.

Hy het hulle nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom.

Wat ‘n uitnodiging! As God jou roep, beteken dit dat Hy jóú wil hê. Gaan.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge