... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Liefde Moet Opreg Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Listen to the radio broadcast of

Jou Liefde Moet Opreg Wees


Download audio file

Ons word deesdae gekonfronteer met baie vals vorme van liefde. Liefde wat voorgee om liefde te wees, maar wat glad nie liefde is nie. En al wat hierdie vals liefde doen, is om mense seer te maak.

Ek is seker dat ons almal al ten minste een verhouding gehad het, waar ons gedink het die ander persoon hou werklik van ons, net om te ontdek dat dit valse liefde was. Die soort liefde wat nie lank hou nie. Die soort liefde wat nie getrou gebly het nie. Die soort liefde wat jou uiteindelik verwerp het. Ja, dit maak seer.

Ek wil beslis nie skuldig wees aan hierdie skynheilige soort liefde nie: die soort wat ander mense seermaak. Ek is seker dat jy ook so voel. Kom ons kyk wat God ons vandag daaroor wil leer in:

Romeine 12: 9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Hoe weet ons dat ons eerlik is in ons verhoudings? Hoe maak ons seker dat ons liefde opreg is? Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Ons bewys eerbied teenoor mekaar, want sodoende toon ons aan hulle dat ons liefde opreg is. ‘n Mens hoef nie geniaal te wees om dit te verstaan nie!

By die werk bewys ons eerbied: ons tree nie agterbaks op nie, ons benadeel nie ander mense tot ons eie voordeel nie. Ons gee hulle krediet waar hulle krediet verdien. Ons prys hulle voor ander. Ons eer hulle.

Moedig jou kinders aan; dissiplineer hulle in liefde. Mans wees lief vir julle vrouens, dien hulle soos Christus julle gedien het. Vroue seën julle mans op maniere wat net julle kan.

Jou liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.