... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Veilige Plek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 62:8 ,9 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug.

Listen to the radio broadcast of

Jou Veilige Plek


Download audio file

Ons het gister oor lyding gesels – die voorreg om vir Christus te ly terwyl sy seëninge deur ons vloei na die lewens van diegene rondom ons. En dit is ‘n voorreg. Maar alhoewel jy met daardie waarheid mag saamstem, maak dit die proses beslis nie makliker wanneer jy besig is om te ly nie.

Wanneer ons deur lyding gaan, is dit nodig om te verstaan waaroor dit gaan, want wanneer ons ly, voel ons geloof baie ontoereikend. Ons voel kragteloos. Ons begin twyfel aan onsself en aan God. Kyk hoe Koning Dawid, ‘n man wat meer lyding as wat ek of jy ongetwyfeld ooit sal deurmaak, dit hanteer het: 

Psalm 62:7,8 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ‘n toevlug.

Die kern lê daarin dat God wil hê dat jy die oorwinning, sowel as die eer moet ervaar. In Dawid se geval het dit behels dat hy sy vyande moes oorwin en oor Israel moes regeer. In jou en my geval sal dit iets heel anders beteken. Dit kan beteken dat jy baie dapperder was, as wat jy gedink het jy ooit sou kon wees en hierby het jy ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan, ervaar.

Wat jou omstandighede ook al is, die waarheid wat jou regtig hier sal help, is die feit dat God jou Rots is. Hy is jou plek van veiligheid. Hy sal nie wankel nie. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Dit is die waarheid waaraan jy kan vashou.

Plaas jou vertroue in God – dit is die benadering wat werklik help. Ek weet dis makliker gesê, as gedaan. Gaan na Hom en stort jou hart uit. Vertel Hom al jou probleme. Want Hy is jou plek van veiligheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy