... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Woorde Kan Maak of Breek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

Listen to the radio broadcast of

Jou Woorde Kan Maak of Breek


Download audio file

Ons woorde is ongelooflik kragtig. Hulle kan mense opbou of afbreek. Kan ek jou vandag vra, hoe lyk die woorde wat jy gebruik?

Die tempo van die lewe het die afgelope paar jaar regtig toegeneem. In hierdie besige, transaksionele wêreld waarin ons leef, gaan dit meer daaroor om dinge gedoen te kry. Waar is die dae van saamkuier om ‘n koppie koffie en verhoudings bou?

En ons weet mos: hierdie vinnige tempo het ‘n groot invloed op die manier waarop ons met mekaar praat. Ons raak kortaf, selfs onbeskof as ons praat, sodat ons net kan klaarkry met alles wat ons dink, ons ​​vandag moet doen.

Wat ons sê en miskien nog belangriker, hoe ons dit sê, belemmer ons verhoudings – by die werk, in ons huwelike, met ons kinders, met die paar vriende wat ons nog oor het.

Wanneer laas het jy te nagekom of verwerp gevoel, bloot vanweë die manier waarop iemand met jou gepraat het … iemand, wat beslis van beter moes geweet het?

In Efesiërs 4:29 lees ons: Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.

Sê nou ek en jy sou net dinge sê om mense op te bou en sterker te maak? As ons slegs kommunikeer met die doel om hulle aan te moedig en te ondersteun – selfs wanneer ons oor moeilike dinge moet praat?

As jy hierdie Efesiërs-resep volg, watter invloed sou dit op jou verhoudings hê? Hoe dink jy …

praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom – En  so sal jy hulle help om sterker te word.

Woorde is kragtig. Gebruik jou woorde om tot seën te wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge