... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Het ‘n Groot Voorsprong

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! NLV

Listen to the radio broadcast of

Jy Het ‘n Groot Voorsprong


Download audio file

Jy het seker opgemerk dat ons hierdie week ‘n bietjie gefokus het op die onderwerp van die naderende euwel, die duisternis wat besig is om ons wêreld te verstrengel en ons lewens te bedreig.

Terwyl ek vanoggend vroeg besig was om nog ‘n VARS boodskap voor te berei, kom die son oor die horison op. Elke oggend moet ek net oor my linker skouer kyk om nog ‘n pragtige sonsopkoms te sien.

Na elke lang, donker nag kom die son op en dit is ‘n lus om te aanskou. Dit het my laat dink aan watter onregverdige voordeel ek en jy bo die geestelike magte van duisternis het. Magte wat dreig om ons van die lewe self te beroof.

Romeine 5:10 Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! (NLV)

Jy vra wat is die onregverdige voordeel wat ons het? Wel, Jesus het vir ons sondes gesterf, wat beteken dat as ons ons vertroue in Hom stel, ons vergewe word, en daarom word ons vriende van God. Maar Jesus het nie net gesterf nie. Hy het ook weer opgestaan… en die feit dat ons nou vriende van God is, gee ons die versekering dat Hy ons deur die lewe van sy Seun sal red.

As jy in Jesus glo, glo jy in ‘n opgestane Verlosser. Hy het die bose aan daardie kruis oorwin; Hy het die dood oorwin deur die leë graf en al lyk die wêreld hoe donker en al lyk die bose magte so bedreigend, die oorwinning behoort nou aan jou. Jesus self red jou deur sy lewe. Vertel dit aan die bose magte en die bose geeste in die hemelruim. Want as dít ons nie ‘n onregverdige voordeel gee nie, weet ek nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.