... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Hoef Nie Alleen te Staan Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 11:11-13 Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Listen to the radio broadcast of

Jy Hoef Nie Alleen te Staan Nie


Download audio file

Almal wat vasberade is om Jesus te volg, ongeag van waar Hy ook al mag lei en wat dit ook al mag kos, weet dat dit ‘n eensame reis kan wees. Maar hier is die goeie nuus: jy hoef dit nie op jou eie te doen nie!

Jesus was, en is steeds, ‘n indrukwekkende, kragtige leermeester. Hy weet voorwaar hoe om iets baie duidelik te stel. Neem hierdie voorbeeld in: 

Lukas 11: 9 en10 Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

Dit slaan jou tussen die oë! Jy kan dit nie miskyk nie. Maar selfs hierdie woorde was nie genoeg vir die halsstarrige menigte nie. Jesus wou sekermaak dat almal dit verstaan, deur ‘n voorbeeld te gebruik waarmee ons ons kan vereenselwig.

Lukas 11: 11 – 13 Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”

Wat wil Jesus hierdeur sê? God is so lief vir jou dat Hy nie wil hê dat jy alleen op hierdie rotsagtige lewenspad moet loop nie. Hy wil hê jy moet elke dag vra, soek, klop. En soos elke goeie vader, sal Hy jou die heel beste gee; naamlik sy Heilige Gees. Sy teenwoordigheid in jou.

Jesus maak dit hier baie duidelik dat jy nooit alleen hoef te loop nie. Hallelluja!

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.