... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy kan nie ‘n ou Jakkals nuwe Maniere leer nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 19:26 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Listen to the radio broadcast of

Jy kan nie ‘n ou Jakkals nuwe Maniere leer nie


Download audio file

Verandering is konstant. Dit lyk asof niks ooit dieselfde bly nie, want God is altyd besig met vernuwing. En tog kan verandering, selfs positiewe verandering, ontstellend, selfs stresvol, wees. Hoe goed hanteer jy verandering?

Hulle sê dat dit moeilik kan wees om ‘n ou jakkals nuwe maniere te leer.

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n kat met die naam, Doggy, besit. (Nogal snaaks, maar oulik, nè?) Ons het vir Doggy ‘n klein skuilinkie met een van daardie kat-deurtjies onder die braai in die agterplaas gebou. Al wat sy dus moes doen, was om daarop te druk om in en uit te gaan. Sy was mal oor haar ‘huisie’. Dit was warm en droog, maar sy het aanvanklik ‘n bietjie gesukkel om die deur te gebruik.

Ek wonder soms of ons nie ook so is nie. God verander dinge. Hy doen iets nuuts, iets goeds, maar iets wat ons nie verwag het nie; met die gevolg dat dit ons uit ons gemaksone forseer.

En dan sit ons net daar, soos die kat, en kyk daarna en wonder: “Nou hoe gaan dit werk?” Ek het al so gevoel, en ek is redelik seker dat jy ook al so gevoel het.

Matteus 19:26  Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Jesus het dit in ‘n ander konteks gesê, maar dit is ‘n universele geestelike beginsel.

As God iets nuuts in ons lewens doen, moet ons dit met al twee hande vasgryp, eerder as om terug te staan. En dan sal jy uiteindelik ontdek, dat God heeltemal in staat is om dít te doen, wat vir ons onmoontlik is.

Sien jy … God kan enigiets doen!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge