... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kaboem, Kadoef!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:51,52 Kyk, ek vertel vir julle 'n misterie: nie almal van ons sal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word by die laaste basuin, binne 'n oomblik, 'n oogwink. 'n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Kaboem, Kadoef!


Download audio file

Die lewe kan enige oomblik ‘n skerp draai van 180 grade maak. Al die dinge wat jy aangeneem het, gaan die res van vandag, môre, volgende week, volgende maand … volgende jaar gebeur, sal miskien nooit gebeur nie.

Verlede Saterdag het vir my doodgewoon begin. Ek het ‘n bietjie later as gewoonlik opgestaan, gaan stap, geoefen, gaan koffie drink saam met my vrou, Jacqui, en ons klein hondjie, Muffin. Die middag ry ons toe na ‘n winkel om ‘n mat vir ons sitkamer te soek. Ek het die motor langs die pad parkeer, die deur oopgemaak en toe was daar ‘n verskriklike slag – KABOEM!  Ek was toe onder gebreekte glas. ‘n Ander motor het vinnig aangekom en my oop deur morsaf gery. Ons motor moes ingesleep word.

Toe ek na die tyd uitklim, besef ek dat, as ek net ‘n breukdeel van ‘n sekonde vroeër uitgeklim het – net  ‘n halwe sekonde vroeër – sou ek waarskynlik nie nou hier gewees het nie.

En dit is hoe dit is; slegs ‘n breuk van ‘n sekonde skei lewe en dood van mekaar. In net ‘n oomblik kan dit alles verander. Kaboem.

In 1 Korintiërs 15: 51,52 staan: Kyk, ek vertel vir julle ‘n misterie: nie almal van ons sal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word by die laaste basuin, binne ‘n oomblik, ‘n oogwink. ‘n Basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal verander word. (AFR20)

Kan ek jou vra: waar gaan jy die ewigheid deurbring? Dit neem net ‘n breukdeel van ‘n sekonde van hierdie lewe na die volgende. Maar die ewigheid – wel, dit is baie lank.

Waar gaan jy die ewigheid deurbring?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge