... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Klippe Gooi of Voete Was

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 13:1-5 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

Listen to the radio broadcast of

Klippe Gooi of Voete Was


Download audio file

Om mense lief te hê wat nie ook vir ons liefhet nie, is nie maklik nie, is dit? Trouens, ons instink is om hulle net so seer te maak, soos wat hulle ons maak. En net daar sien ons waarom daar soveel konflik in die wêreld bestaan.

Ek onthou hoe ek as ‘n seuntjie met van my skoolvriende baklei het en hoe ons mekaar met klippe bestook het. Ek weet dit is nie juis voorbeeldige gedrag nie, maar ons was kinders! Ongelukkig is daar vandag nog baie van daardie soort gedrag onder volwassenes. Hulle gooi figuurlik klippe na mekaar wanneer hulle nie saamstem nie. Kyk wat doen Jesus egter. Ons lees in:

Johannes 13:1-5 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ‘n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in ‘n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. 

Wat my diep aangegryp het van die hele gebeurtenis, was dat Jesus ook Judas se voete gewas het, met die volle wete dat hy Hom sou verraai.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy