... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kom Ons Gaan Vang Vis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 1:19,20 Toe Hy 'n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

Jy sê jy glo in Jesus. Dis goed, maar wat doen jy daarmee? Watter verskil maak jou geloof in die wêreld? Hoeveel mense is deur jou getuienis van die rand van die hel teruggeruk, omdat hulle deur jou vir Jesus ontmoet het?

Dit is ongemaklike, selfs ongerieflike vrae, nie waar nie?

Maarwag nou … ek is nie ’n evangelis nie. Dit is nie my werk nie. Dis die dominee by die kerk se werk. Hy word betaal om dit te doen!

Dit is een manier om daarna te kyk. Maar hier is ‘n ander een in:

Markus 1:19,20 Toe Hy ‘n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.

Al wat Jakobus, Johannes en Sebedeus besig was om te doen, was om die nette voor te berei om vis te vang, toe Jesus daar aankom. Hulle was nog net besig om gereed te maak om vis te vang. Hulle het die nette versorg; skoongemaak; herstel en oor en oor gevou. Die nette was nog in die boot. Hoe suksesvol dink jy vang ‘n mens vis, as jou nette nie in die water is nie?

Dan kom Jesus en belowe om hulle “vissers van mense” te maak. En net daar volg hulle Hom. Halleluja! Welgedaan Jakobus en Johannes! Maar dink jy vir een oomblik dat hulle, nadat Jesus opgevaar het na die hemel, suksesvol sou gewees het, as hulle net in hul weeklikse kleingroepbyeenkoms gesit en gesels het oor hoe wonderlik Jesus was, en al die dinge wat Hy gesê het en wat dit alles beteken?

Waar sou die kerk vandag gewees het? Sou daar selfs ‘n kerk bestaan het, as hulle nie uitgegaan het om vis te gaan vang nie? 

Wel, hier is die vraag: vang jy werklik vis daar buite, of hou jy jouself met die nette besig?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.