... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Konformiteit versus Moraliteit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Mattheus 5:10-12 Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Konformiteit versus Moraliteit


Download audio file

Deesdae is die druk om van God se Waarheid af te wyk, baie groot. Miskien het jy ook gevoel dat mense jou in ‘n blik probeer druk om sy Waarheid as die irrelevante gebabbel van ‘n verouderde kerk te beskou?

Ek voel dikwels so … uit pas, met die hoofstroom denke. Nie net oor een of twee kwessies nie, maar oor baie kwessies. Daar is kere wanneer ek wonder of dit alles die moeite werd is om gedurig teen die stroom op te swem. Dis harde werk en daar is tye wanneer ek in die versoeking kom om op te gee.

Miskien het jy ook al so gevoel?

Ek dink die wêreld haat jou, wanneer jy, wat in Jesus glo; Hom onvoorwaardelik glo en daardie Christus-eerste-besluit in jou lewe neem. En dit maak seer, want al wat jy probeer doen, is die regte ding. Al wat jy probeer doen, is om ‘n godvrugtige en vreedsame lewe te lei. Maar die druk op ons om te konformeer, is intens, is dit nie?

Matteus 5:10-12 Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”(NLV)

Konformiteit is om te doen wat almal doen, ongeag wat reg is. Moraliteit, aan die ander kant, is om te doen wat reg is, ongeag wat al die ander mense doen.

Kies wat reg is, want jou beloning in die hemel sal groot wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.