... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Koninkryk Ruilmiddel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 12:29-31 Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Koninkryk Ruilmiddel


Download audio file

Die dinge wat ons die meeste waarde aan heg en die dinge waaraan God waarde heg, is nie altyd dieselfde nie. En so kontra-intuïtief as wat God se waardes is, is dit uiteindelik die enigste ding wat ons werklik bevredig.

Koninkryke en lande het hul eie geldeenhede, byvoorbeeld die Amerikaanse dollar, die Britse pond, die Indiese roepee en die Demokratiese Republiek van die Kongo se Kongolese frank. Nasies het hul geldeenhede waarop hulle waarde en handel gebaseer is.

Die Koninkryk van God het ook sy eie geldeenheid, maar dit is ‘n bietjie anders as dié waaraan ons gewoond is. Luister hoe Jesus dit beskryf in:

Markus 12: 29-31 Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”(AFR20)

Liefde is die geldeenheid in God se Koninkryk en dit is baie anders as die geldeenhede van die koninkryke van hierdie wêreld. In die wêreldse koninkryke word rykdom gemeet in terme van die geldeenheid – die dollars, die ponde, die rupees, die franke – hoeveel daarvan jy kan kry en hoeveel daarvan jy kan spandeer.

Maar in God se Koninkryksekonomie  word jou rykdom bepaal deur hoeveel jy kan weggee, hoeveel jy kan verloor, hoeveel jy kan opoffer.

Die ding met die grootste waarde in God se Koninkryk, die liefde, werk op ‘n  teenoorgestelde beginsel van dié van wêreldse koninkryke. In God se Koninkryk, geld die beginsel van hoe meer jy gee, hoe meer het jy. Hoe meer jy opoffer, hoe ryker word jy.

Miskien is dit waarom al die geld ter wêreld nooit die diepste verlange van die menslike hart kan bevredig nie. Liefde.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge