... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kry die Kloutjie by die Oor

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

Listen to the radio broadcast of

Kry die Kloutjie by die Oor


Download audio file

Ons wonder dikwels hoekom sekere dinge in ons lewe nie goed uitwerk nie … dit verwar ons, nie waar nie? Maar selde, indien ooit, bring ons ​​dit in verband met ons opstandigheid teenoor God en ons ongehoorsaamheid aan die eenkant, en die verknorsing waarin ons sit, aan die anderkant.

Dit is snaaks hoe sekere dinge wat die Christene glo, so ongelooflik outyds klink. Een voorbeeld is dat voorhuwelikse seks verkeerd is. Is jy ernstig? In vandag se dae?

Toe ek en my vrou Jacqui ontmoet het, was ons in ons laat dertigerjare. En net so tussen ons gesê, sy is asemrowend aantreklik! Dit sou dus die maklikste ding in die wêreld gewees het om net saam te woon. Dit is wat baie mense deesdae doen. In die tussentyd het ons drie maande voor ons troue ‘n huis gekoop maar ons kon nie bekostig om die verband daarop, sowel as die huur op my ou woonstel te betaal nie. Wat ‘n penarie.

Nou ja, Jacqui sou in die nuwe huis intrek en ek het vir die mense by die kerk gevra vir hulp. En kan jy glo: ‘n afgetrede egpaar, Ken en Jean, het maande gelede al hul kaartjies bespreek vir ‘n toer deur Europa. Hulle vertrekdatum was die dag waarop Jacqui moes intrek in ons huis. En hul terugkeerdatum? Vyfuur die oggend van ons troue! En ja, hulle was verheug oor die feit dat ek hulle huis gratis vir hulle kon oppas.

Toe nou; vertel my dat dit outyds is. Sê vir my dat dit nie God se plan was nie. Ons lees in:

1 Samuel 2:30 . . . want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

Die oomblik dat ons daardie beginsel verstaan en die oomblik wat ons ‘n lewe begin leef wat God eer, word sy hulp, sy seën en sy krag in oorvloed oor ons uitgestort.

Eer God en Hy sal jou eer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge