... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Laat julle Lig in die Wêreld Skyn

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:15,16 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Listen to the radio broadcast of

Laat julle Lig in die Wêreld Skyn


Download audio file

Dit is ongelukkig ‘n feit dat hoe besiger ons word, hoe minder bedagsaam word ons.  En hoe minder ons dink aan hoe ons iemand anders se lewe kan raak, hoe minder laat ons die lig van God se liefde in die duisternis van hierdie wêreld skyn. Dis hartseer, maar tog so waar. Wanneer laas het iemand regtig iets goeds vir jou gedoen? Iets spesiaals. Iets wat hulle gedoen het, net omdat hulle geweet het dit sal vir jou plesier verskaf, jou help, of op ‘n spesiale manier raak. Miskien het dit onlangs met jou gebeur, of miskien was dit lank laas. Maar ons weet albei dat wanneer iemand dit doen, jy dit nie maklik vergeet nie. Dit is dalk net die kleinste dingetjie; ‘n vriendelike blik, ‘n woord van bemoediging of die gebaar as iemand vir jou ‘n maaltyd bring as jy siek is. Daardie dinge bly jou vir ewig by. En as ons iets goeds vir iemand doen; of vrygewig is, of iemand bemoedig, laat dit ons uitstyg bo ander ​​op ’n manier wat woorde nie kan beskryf nie. Jesus het dit so gestel in: Matteus 5:15,16 ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Daardie eenvoudige dade van vriendelikheid of opofferende dade van diens, bring vir iemand lig, in ‘n donker en eensame wêreld. En ek praat van selfs die kleinste dingetjies; soos wanneer jy uit jou pad gaan om iets te doen, wat vir iemand anders iets beteken. Aan wie kan jou glimlag, ‘n woord van bemoediging of net ‘n klein geskenkie van jou tyd, vandag ‘n lewenslange verskil maak? Jy’t reg gehoor – jy, ja, jy – want volgens Jesus, is jy die lig van die wêreld. Wees vandag daardie lig. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge