... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Laat Staan Jou Sonde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:5-8 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,

Ongelukkig het hopeloos te veel mense wat Christus se naam gebruik om hulself “Christene” te noem, ‘n heeltemal te gesellige verhouding met sonde. Daar is amper ‘n onverskilligheid wanneer dit kom by die outydse idee van “bekering”.

Die waarheid is dat ons sonde doen en ons onsself op eie risiko daarmee besighou. Sonde het altyd gevolge. Dit het destyds al, vir Adam en Eva duur te staan gekom. En weet jy, dit geld vandag nog. Maar in hierdie wêreld waar byna alles toelaatbaar is, is dit maklik vir ‘n sogenaamde Christen om gerieflik met sonde om te gaan en sy gunsteling sonde te geniet, asof dit nie saak maak nie.

In 1656 het ‘n man met die naam John Owen, ‘n boek geskryf met die ietwat uitdagende titel, “Of the Mortification of Sin.” Dit het gehandel oor die vernietiging, of letterlik die ‘doodmaak’, van die sonde in ons lewens.

Maar hier in 21ste post-moderne eeu, klink dit darem alte kras – sommer ‘n bietjie outyds. Om iets dood te maak is immers ‘n vreeslike drastiese daad. Teregstellings is immers tog so … finaal.

Kyk wat skryf die apostel Paulus aan sy vriende in Kolosse…

Kolossense 3:5-8 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,

John Mortimer het dit so gestel: Die lewe, die krag en gemoedsrus van ons geestelike lewe hang baie af van hoe dood die sonde in ons lewens is.

Ja, ons weet die genade van God in Jesus Christus is heeltemal gratis. Maar sonde wat in die vlees voortleef, sal jou sonder twyfel jou van jou lewenskwaliteit beroof.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.