... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer Hoe om Mislukking Reg te Hanteer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 24:17,18 Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

Listen to the radio broadcast of

Leer Hoe om Mislukking Reg te Hanteer


Download audio file

Ek dink nie een van ons word in die oggend wakker en besluit om daardie dag iets verkeerd te doen nie. Ons spring nie uit die bed en wonder: “Watter foute kan ek vandag maak?” nie. Maar troos, jouself daaraan; party dae gaan ons foute maak.

Daar is niks erger as om deel van ‘n organisasie, hetsy ‘n werksplek, ‘n sosiale groep en ja, selfs ‘n gesin, te wees, waar daar ‘n blaam-gerigte kultuur heers nie.

Die oomblik wat iemand oortree, die oomblik wat iemand te kort skiet, die oomblik wat iemand betrokke is by selfs die kleinste foutjie, wat miskien nie eers hulle skuld was nie – is die gort gaar.

Die gewoonte om die skuld op die ander ou te plaas, is omtrent die naarste ding waarvan ons ooit deel kan wees. Dit verkleineer, dit verneder, dit beroof nie net die betrokke individu nie, maar ook die res van ons, dit beïnvloed selfs ons potensiaal. En boonop affronteer dit God:

Spreuke 24: 17,18 sê: Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.

Ja, soms is ek verantwoordelik vir ‘n mislukking en soms is dit dalk jou skuld. Maar daar is ‘n alternatief. Die oomblik wat ons ophou om te blameer en begin leer … vervang ons die blaam-gerigte- kultuur met ‘n kultuur wat sê: “Nee wag, laat ons mekaar eerder ondersteun as ons misluk. Kom ons leer uit ons foute. Laat ons verskoning vra en vergewe as dit nodig is. Laat ons saam vorentoe gaan en nie weer langs die verkeerde pad af gaan nie. Laat ons tog nie kwaaivriende word, omdat een van ons misluk het nie.”

 Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.

Ondersteun die persoon wat misluk.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.