... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer Om God te Respekteer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:10-12 Die gebooie van die Here is suiwer,  dit bly vir altyd staan. Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Dis ’n waarskuwing  vir u dienaar, en ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Leer Om God te Respekteer


Download audio file

Ons het gister gepraat oor ‘n leerbare gees en hoe God se Woord van teregwysing en onderrig ‘n positiewe impak op ons lewens het. Maar kom ons wees eerlik: Party dae sukkel ons steeds.

Jy moet jouself afvra, waarom sukkel ons dan? Komaan, God se wysheid is dan suiwer en volmaak. Ons weet tog dat wanneer ons Sy liefde en Sy wysheid deur al ons voor- en teëspoed uitleef, dit nie slegs ongelooflik goed gaan nie, maar dat dit lei tot ‘n lewe wat God eer. Nou waarom sukkel ons?

Die rede daarvoor, is dat óns nog in beheer van ons lewe wil wees. Ons weier om beheer aan ‘n ander oor te gee. Ons klou vas aan dít, wat ons as ons onvervreembare reg om te kies, beskou, al is daardie ‘Ander’ toevallig God. Nou ja, wat is die antwoord? Hoe hou ons op om te stry met God? Hoe kry ons daardie ongelooflike voordele van ‘n lewe wat volgens God se manier geleef word, sonder om voortdurend terug te kyk en te wens ons kan dit op ons eie manier doen?

Psalm 19:10-12 Die gebooie van die Here is suiwer, dit bly vir altyd staan. Die Here se voorskrifte is reg; elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as die fynste goud. Hulle is soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Dis ’n waarskuwing vir u dienaar, en ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam. (NLV)

Hoe? Deur te leer om God te respekteer. Dink aan die mense in jou lewe wat jy respekteer. Om hul wyse raad te volg, is meestal nie so moeilik nie. Hoekom? Omdat jy hulle respekteer. Jy vertrou hulle. Jy weet, uit ervaring, dat hulle raad waarskynlik die regte raad sal wees.

Respekteer God. Daar wag ’n groot beloning vir dié wat dit gehoorsaam.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.