... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lees Jou Eie Teregstellingsbevel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6:12,14,15 En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het. “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Lees Jou Eie Teregstellingsbevel


Download audio file

Ons het hierdie week gesels oor hoe om die moeilike mense in ons lewens, met die wysheid en die liefde van God te hanteer. Dit is nie maklik nie, is dit? Maar ons kan nooit oor moeilike mense praat, sonder om oor vergifnis te praat nie.

Myns insiens is vergifnis een van die moeilikste dinge wat Jesus ons vra om te doen. Maar wag ‘n bietjie, dit is nie ‘n versoek nie. Dit is ‘n opdrag. Teen die einde van die Onse Vader-gebed, wat ons sekerlik almal ken, leer Hy ons hoe om te bid:

Matteus 6:12 En vergeef ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars vergewe het.

Dit klink na ‘n redelike opdrag, maar kyk mooi – dit het ‘n angel in sy stert! Jesus het geweet Hy moet dit baie mooi verduidelik, sodat ons dit kan snap, net ingeval ons dit gemis het.

Matteus 6:14,15 “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie. (NLV)

Dis ‘n ernstige opdrag. Hy draai nie doekies om nie. Charles Spurgeon som dit so op: tensy jy ander vergewe, lees jy elke keer as jy die Onse Vader lees, jou eie teregstellingsbevel.

Nou ja, kan ek jou op grond daarvan, hierdie moeilike vraag vra? Watter onvergewensgesindheid het jy in jou hart? Indien jy nóú hier dood neerval, wat sal jou van jou redding beroof? Teenoor wie koester jy nog ‘n grief? Van wie wil jy nog vergelding eis? Wie se kop wil jy in die valbyl van geregtigheid sit, om te vergoed vir wat hulle jou aangedoen het?

Vandag is die dag om dit te hanteer. Want jy sien nou – tensy jy ander vergewe, sal God jou nie vergewe nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.