... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Loof die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 149:4-6 Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning. Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,

Listen to the radio broadcast of

Loof die Here


Download audio file

Daar is tye wanneer ons lus het om God te loof en te prys, maar as ons eerlik wil wees, is daar tye wanneer ons nie daarvoor lus is nie. Maar daar is ook tye wanneer ons soveel rede het om Hom te loof, maar ons kom net nie daarby uit nie.

Daar was ‘n tyd in Israel se geskiedenis toe God hulle ‘n groot oorwinning oor hul vyande gegee het. Destyds was die gevaar van oorlog, en die verskriklike werklikheid van oorlog, ‘n deel van hulle lewe. Net soos dit ongelukkig vandag nog, op baie plekke in die wêreld ‘n probleem is.

Groot oorwinnings was dus rede vir groot feesvieringe. En die beste manier om fees te vier, is om die Here te loof.

Psalm 149:4-6 Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning. Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. Die roem van God klink uit hulle mond, en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,

Dit is regtig uitbundige taal, nè? Daar is ‘n uitgelatenheid in daardie paar verse wat jy net nie kan miskyk nie.

Dink ‘n bietjie terug, aan die laaste keer wat die Here jou op ‘n besondere manier geseën het. Miskien was dit ‘n emosionele oorwinning, ‘n genesing of ‘n finansiële deurbraak? Jy het onder druk gevoel, jy was bang en moontlik bekommerd oor jou toekoms, maar Hy het jou daaruit gered.

Sê my, het jy dit gevier? Het jy van vreugde in jou bed gesing? Het jy sy lof uitgeroep? En indien nie, waarom nie?

Laat lofsange tot God se eer jou hart vul en juig daaroor die volgende keer as iets goeds in jou lewe gebeur. Gee Hom al die eer vir wat Hy gedoen het. Want die volgende keer as jy in die moeilikheid is, sal dít jou help as jy terugdink aan die magtige oorwinnings wat Hy in jou verlede al vir jou gegee het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.