... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak die Beker se Binnekant Skoon

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.

Listen to the radio broadcast of

Maak die Beker se Binnekant Skoon


Download audio file

Niemand hou van ‘n huigelaar nie; jy hou seker nie van so ‘n persoon nie, en ek beslis ook nie. Maar ongelukkig is ons daagliks in die versoeking om ‘n ​​mooi beeld vir die mense voor te hou, terwyl ons iets heeltemal anders dink en voel.

Stel jou voor dat jy na ‘n koffiewinkel gaan. Jy voel lus vir ‘n baie spesiale koppie koffie. Jy gaan sit, bestel jou koffie en neem ‘n tydskrif. Jou mond water al toe die koffie uiteindelik kom. Fantasties!

Dit ruik heerlik, dit lyk goed … maar net toe jy op die punt is om jou eerste slukkie te neem, sien jy hoe ‘n kelner ‘n leë koppie van die volgende tafel optel, en sonder om dit te was, terug neem na die koffiemasjien, dit met ‘n cappuccino vul en aan ‘n ander klant bedien.

Dink nou net daaraan. Wat vertel dit jou van die koffie wat hulle nou net voor jou neergesit het? Alles lyk goed aan die buitekant … maar hulle was nie die binnekant van hul koppies nie. Gaan jy dan hierdie koppie koffie drink wat jy nou net bestel het, of nie?

Ongelukkig is ‘n hele klomp mense in hierdie wêreld ‘n bietjie so – skoon aan die buitekant, maar vuil aan die binnekant. En die verskil tussen dít wat jy aan die buitekant sien en dít wat aan die binnekant gebeur, noem ons … skynheiligheid. Kyk hoe Jesus dit gestel het in:

Matteus 23:25,26 Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.

Maar weet jy, dít wat aan die binnekant aangaan, is soveel belangriker vir Jesus, as dít wat mense aan die buitekant kan sien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge