... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Jesus Jou Hele Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”

Listen to the radio broadcast of

Maak Jesus Jou Hele Lewe


Download audio file

Kan ek jou vandag vra, is Jesus jou lewe? Wat ek daarmee bedoel, is dit: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Het jy alles wat jy is, alles wat jy het, elke hoop, elke droom tot Sy beskikking gestel?

“Jesus is Here” rol redelik maklik van menige Christen se tong af. Maar is dit werklik waar? Die woord “Here” in die Nuwe Testament is afgelei van ‘n woord wat “oppergesag” beteken.

Vorm Jesus die belangrikste deel van jou lewe? Is die wil van God jou top prioriteit in jou daaglikse lewe? Want weet jy, dit wat ons glo en dit wat ons doen, is wat Jesus betref, twee kante van een en dieselfde muntstuk.

Johannes 3:34-36 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”

Jesus sê vir ons wat God sê – Hy is ten volle gevul met die Heilige Gees en Hy het mag oor alles. Met ander woorde, Hy het oppergesag. Hy is oppermagtig. Dit is onteenseglik die volle waarheid.

Nou ja, hier is die twee kante van daardie een muntstuk. Luister weer na God:

Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”

Om te glo, is om te doen en om te doen, is om te glo. Goed, my vriend, noudat ons die waarheid mooi verstaan: dat hoe ons ons lewens leef, die bewys is van ons geloof in Jesus, kan ek jou weer vra: is Jesus werklik die Here van jou lewe? Is Hy jou lewe … of nie?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.