... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Jou Hart Groter Oop

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:39-42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”

Die afgelope paar dae het ons gesels oor die bereidheid van ‘n moeë, honger Jesus om oor die kulturele kloof tussen Jode en Samaritane te stap en om God se liefde met hierdie vrou by die put te deel.

Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit baie maklik om myself fisies, sowel as emosioneel, te onttrek van mense wanneer hulle van my verskil. Dit is baie veiliger om onsself in ons eie ruimte te omring met diegene wat met ons saamstem, as om uit te reik na die ‘sondaars’ daar buite. Is dit nie waar nie?

En tog het Jesus se bereidwilligheid om verskeie kulturele grense oor te steek deur met die vrou by die put te praat, baie meer vrug opgelewer. Ons sien in: 

Johannes 4: 39 – 42 Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.”

Ja, ek weet, ons kan die veilige ding doen en knus in ons eie kringetjie bly, maar weet jy, ons sal nooit die groot – groot – impak, wat God deur ons wou bereik, maak nie. Aan die anderkant kan ons kwesbaar word, ons harte oopmaak – al is ons moeg, dors en honger. Dan sal ons die Gees van God sien beweeg op wonderbaarlike maniere wat ons ons nooit sou kon voorstel nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.