... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak ‘n Plan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Maak ‘n Plan


Download audio file

Vertrou op God. Ja, ons weet ons moet. As jy al ooit ’n Bybel oopgemaak het, het jy God dit al oor en oor en oor hoor sê: Vertrou op my. Maar jy kan nie sê jy vertrou op Hom en dan armpies gevou sit nie. 

Oor jare in die bediening het ek baie mense in diens geneem. Sommige was wonderlik, maar te veel van hulle was lui. “Wel, dit is ’n Christelike bediening,” was hulle verskoning. “Dit gaan alles oor liefde, dus hoef ek nie hard te werk nie.”

Ek het ‘n ‘preek’ vir alle nuwe werknemers ontwikkel: Ek sê vir hulle dat ek verwag dat hulle foute sal maak. Ons maak almal foute. Dis normaal. Ons tel ons koppe op, ons blameer mekaar nie, ons leer uit ons foute en ons gaan aan. Maar … daar is drie dinge wat ek nie sal duld nie – ’n slegte gesindheid, oneerlikheid en luiheid.

Ongelukkig is luiheid nogal algemeen onder Christene. “Wel, ek vertrou God, Hy sal dit hanteer, sodat ek my voet van die pedaal kan afhaal. Ek hoef nie regtig vooruit te beplan nie, dis sy werk, nie waar nie?” Nee, dit is nie!

Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)

As jy met toewyding ‘n ordentlike lewe lei, sal jy wysheid kry. Jy sal dinge leer en dit sal jou vreugde verskaf. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien, met ander woorde vooruitbeplanning sal jou teen onverstandige besluite beskerm. 

God verwag dus van sy kinders om ‘n plan te hê. Hoekom? Want wysheid, kennis, beplanning en begrip sal ons daarvan weerhou om die verkeerde pad te volg. Hulle sal ons selfs beskerm teen diegene wat bose planne het.

Moenie lui wees nie. Beplan vooruit.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.