... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Verander Genade jou Perspektief? 

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het

Listen to the radio broadcast of

Hoe Verander Genade jou Perspektief? 


Download audio file

Kan ek jou iets vra? Op ‘n skaal van nul tot tien, in watter mate het die genade van God in Jesus Christus, jou lewe radikaal, heeltemal en totaal verander? Dis ‘n ernstige vraag.

As jy ‘n mens is wat werklik in Jesus glo en verstaan dat om Jesus te volg, net soos Hy belowe het, beslis opoffering en lyding sal behels – en as jy smag na ‘n beter lewe; ‘n ryker lewe; ‘n meer oorvloedige lewe; ‘n lewe wat ander lewens sal beïnvloed; ‘n lewe wat werklik ‘n blywende erfenis van liefde sal nalaat … as jy hierdie mens is en God se genade jou lewe nie heeltemal verander het nie, dan is iets ernstig verkeerd. Iets ernstig!

Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.

Hierdie kosbare vers, die Woord van God, is die belangrikste ding wat ek vandag met jou moet deel. My woorde skiet tekort. Laat God se Woord diep in jou hart insink. Laat die seën, die guns, die radikale genade van God jou hart vul, jou kettings breek, jou vrymaak om alles te wees wat Hy jou geskape het om te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.