... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Mense Kan So Wreed Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 1:6,7 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.

Listen to the radio broadcast of

Mense Kan So Wreed Wees


Download audio file

Daar is regtig nare mense in hierdie wêreld. Mense wat voordeel sal trek uit die teëspoed van ‘n ander persoon. Mense wat uit hul pad sal gaan om sout in ‘n ander se wonde te vryf. Dit is hartseer, maar dis waar.

Die afgelope paar dae het ons tyd saam met Hanna deurgebring. Sy was ‘n vrou wie se onvermoë om kinders te baar in ‘n samelewing waar die aantal kinders wat jy gehad het, gesien is as ‘n maatstaf van God se seën oor jou lewe. . .

Hanna was een van Elkana se twee vrouens. Peninna, die ander vrou, was om dit onomwonde te stel, ‘n aaklige mens. Ons lees oor Peninna se houding teenoor Hanna in: 

1 Samuel 1: 6,7 Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.

Kan jy jou die situasie voorstel? Hierdie Peninna was ‘n sadistiese mens. Dis nogal snaaks vir my om so ‘n verhaal in die Bybel te lees. Dis nie wat ‘n mens in God se Woord verwag nie, maar weet jy, die Bybel praat oor dinge wat in ons lewens gebeur, die regte lewe. En dit is … die regte lewe. Hierdie dinge gebeur.

Waarom dink jy het God gekies om hierdie spesifieke verhaal duisende jare gelede in sy Woord op te neem? Ek is seker daar is baie redes, maar die een wat vir my logies klink is dit: moenie soos Peninna wees nie.

Hoe eenvoudig is dit om, wanneer daar iemand is van wie jy nie hou nie, jou te verlustig in hul teëspoed? Ons kom so maklik in die versoeking om sout in hul wonde te vryf, maar: moenie soos Peninna wees nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.