... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Met elke Tree Wat jy Neem

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Listen to the radio broadcast of

Met elke Tree Wat jy Neem


Download audio file

Dit is maklik om te sê jy moet God, selfs deur moeilike tye, altyd vertrou. Om dit te doen, is baie moeilik, want om Iemand te vertrou, wat jy nie kan sien nie, terwyl jy jou probleem baie duidelik kan sien, gaan teen jou grein.

Die bediening waarby ek betrokke is, wat hierdie daaglikse oordenkings produseer, word Christianityworks genoem. Hoekom? Omdat ek met my hele wese weet dat Christenskap inderdaad werk. Om Jesus te volg, werk. Om Jesus te vertrou, werk. Dit is wat die bemarkers die “handelsmerkbelofte” sou noem.

Nou ja, as dit dan die geval is, moet dit tydens die goeie en die slegte tye “werk.” Wel, kom ons praat vir ‘n oomblik oor daardie slegte tye, die moeilike tye. Hoe maklik vind jy dit om op Jesus te vertrou wanneer jy voor ‘n onmoontlike situasie te staan kom? Of sukkel jy op daardie tydstip om te vertrou dat Hy sal help?

Ons weet dat ons Hom moet vertrou, maar die vraag is … hoe kry ons dit reg? Hoe doen ‘n mens dit eintlik? Hoe vertrou jy Jesus in die moeilike tye?

Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Ja, my vriend, dit verduidelik die “hoe”. Daardie vers kom mooi in die middel van ‘n gedeelte voor, wat praat van die vertroue op Hom in moeilike tye. Terwyl jy versigtig, soms met groot pyn, soms met ontnugtering in jou hart, in die versoeking kom om die verkeerde ding te doen, hou net aan met stap – dink met elke tree wat jy gee, aan wat God wil hê. Wat wil Jesus hê moet ek doen, wanneer ek in hierdie situasie is en terwyl ek hierdie tree neem?

En redelik gou sal jy agterkom dat Hy jou tog in die regte rigting gestuur het.

Met elke tree wat jy gee, dink aan wat Hy deur jou wil doen. Dis hoe.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy