... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Met ‘n Gewillige Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Listen to the radio broadcast of

Met ‘n Gewillige Hart


Download audio file

Wanneer ek terugkyk na die pad waarop God my gebring het, kan ek die groot werk wat Hy in my hart gedoen het, sien. Maar as ek vorentoe kyk, weet ek dat Hy nog nie klaar is nie. Wat van jou?

Die lewe is ‘n reis en my gebed is dat jy ook, wanneer jy terugkyk na die pad waarop God jou gebring het, sal kan sien hoe Hy jou deur al jou op- en afdraandes laat groei het, jou verfyn en gepoets het. Die persoon wat jy vandag is, behoort soveel meer volwasse, baie nederiger en meer godvrugtig te wees, as wat jy byvoorbeeld vyf jaar gelede was.

En hierdie reis wat teoloë ‘heiligmaking’ noem (alhoewel ek verkies om daaraan te dink as rehabilitasie) is ’n lewenslange proses. God het soveel meer werk om in jou te doen, net soos Hy ook in my moet doen.

Maar soms lyk dit asof daardie werk stilstaan. Soms voel dit vir ons asof ons nie vorentoe gaan nie. Maar weet jy wat besig is om te gebeur? Ons is besig om agteruit te gly; terug te val in ons ou lewe van sonde.

Hoekom gebeur dit? ‘n Groot deel daarvan, dink ek, is dat ons teen sy dissipline in opstand kom. Die idee van gehoorsaamheid was immers nog nooit ‘n besonder gewilde een nie … nie waar nie? Kyk wat sê:

Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Sjoe! Hier is iemand wat daarna smag om God se wil te ken en om Hom te gehoorsaam. En dit is hierdie verlange wat nie net sal keer dat jy teruggly nie, maar dit sal jou geestelike groei laat versnel.

…verlustig jou in sy voorskrifte, en gehoorsaam Hom

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.