... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Blameer Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:19,20 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Blameer Nie


Download audio file

Soms wanneer iemand vir jou goeie raad gee, laat dit jou ongemaklik voel, want jy ervaar dit asof hulle jou beskuldig en blameer.

Jy was ook al in sulke situasies, nie waar nie? Dit is asof daar ‘n onderliggende woede in die ander persoon se hart is. En weet jy, dit maak nie saak hoe goed hul perspektief, hul raad, of hul oplossing is nie; wanneer ons geblameer voel, of wanneer ons voel asof hulle ons beskuldig, sal ons hul raad nie aanvaar nie.

Jy voel gekrenk: As hulle maar net verstaan hoe ek voel. As hulle maar net verstaan hoekom ek dit gedoen het. As hulle net lank genoeg sou stilbly om na my te luister!

Wag nou; kom ons verplaas onsself in die ander persoon se posisie – wanneer ons die een is wat kwaad is, veroordelend klink, en die ander persoon blameer, dan weerspieël ons beslis nie die liefde van God nie.

Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

Jakobus was Jesus se broer – dis waarskynlik waar hy daardie kosbare skat van wysheid opgetel het, nè?

Die sleutel om daardie moeilike gesprekke, wat ons soms genoodsaak is om te hê, is om ons woede in toom te hou.

Dit gaan nooit die gewenste resultate lewer wanneer ons woede toelaat om in beskuldigende taal te ontaard nie. Dit is baie beter om gewillig te wees om te luister, eerder as om te praat. Gebruik dus eerder nie-veroordelende taal om jou standpunt te stel.

Beheer jou woede.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.