... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Hierdie Waarheid Miskyk Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 41:8-10 Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Hierdie Waarheid Miskyk Nie


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar ek wil beslis nie ‘n gebrek aan geloof en vertroue op God hê nie. Maar dit is iets waarmee elke persoon wat in Jesus glo, soms stoei. Dit is net menslik.

Dink aan ‘n probleem waarmee jy op hierdie oomblik worstel. Miskien is jy een van die gelukkiges wat nie op hierdie oomblik in ‘n krisis verkeer nie, maar daar is tog seker ‘n ‘moeilike situasie’ wat jou van jou vrede wil beroof?

As daardie ‘moeilike situasie’ baie van jou aandag aftrek, is dit so maklik om van ander belangrike dinge te vergeet. Hoe meer ons op die negatiewe fokus, hoe minder onthou ons die werklikheid van wie God is. Dit was Israel se probleem op ‘n besonder moeilike tydstip in hul geskiedenis.

God het hulle deur die profeet Jesaja aan hierdie kragtige waarheid herinner. Ons lees in:

Jesaja 41: 8 tot 10 Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet, jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Israel het die kragtige drieledige waarheid uit die oog verloor, naamlik: (a) God het hulle uitgekies, (b) Hy het reeds wonderlike dinge vir hulle gedoen en (c) Hy het, as hulle God, kragtige dinge namens hulle gedoen.

Hoe maklik is dit om die waarheid uit die oog te verloor as jy op jou probleme fokus?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.