... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie in die Verlede Leef Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 43:18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad. Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Of die afgelope jaar ‘n wonderlike jaar, ‘n gewone jaar of ‘n verskriklike jaar was; die feit bly staan dis amper verby. Dit is ‘n jaar wat jy nooit weer sal terugkry nie. Wel, dis die teorie . . .

Ek ken baie mense wat graag in die verlede leef. Hulle staan stil by óf “die goeie ou dae” toe dinge soveel beter was, óf klou vas aan hul mislukkings, hul seer, hul verliese. 

Wat van jou? Is jy gereed om die afgelope jaar te laat gaan, of is jy van plan om dit tot in die verre toekoms in jou kop en jou hart te herleef?

Nou ja, daar is niks verkeerd daarmee om goeie herinneringe te bewaar nie, of om toe te laat dat ons foute en verliese ons lesse leer, ons harte versag en ons insig gee nie. Maar daar is iewers ‘n grens, ‘n grens wat al te veel mense te maklik oorsteek. Hulle leef net in die verlede en wil nooit die verlede laat gaan nie.

Maar terwyl hierdie nuwe jaar voor ons lê, voel ek dat God iets nuuts beplan. Miskien iets radikaal nuuts, miskien nie, maar tog beslis iets nuuts vir jou.

Die idee dat God iets nuuts doen, kan terselfdertyd opwindend en angswekkend wees. Miskien behoort ons vas te hou aan die bekende? Miskien is dit veiliger om in die verlede te leef as om ‘n onsekere toekoms in die gesig te staar?

Maar weet jy, miskien het God ‘n wonderlike plan vir jou, ‘n plan wat Hy wil hê jy diep in jou hart moet bewaar. Kyk wat staan in:

Jesaja 43: 18,19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad. Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.