... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Lui Wees Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Lui Wees Nie


Download audio file

Ek het oor die jare gesien hoe baie mense foute maak – en hier sluit ek myself in! Ek het nie probleme met eerlike foute nie. Maar daar is twee dinge waarmee ek wel ‘n probleem het: Luiheid en oneerlikheid.

As ‘n leier wil ek graag ‘n kultuur in ons organisasie skep waar mense se mislukkings oorgesien word as hul hulle bes probeer het. Foute is deel van die lewe. Ons leer uit ons foute, sodat ons dit nie herhaal nie. Ons neem eienaarskap van ons foute; ons blameer niemand anders daarvoor nie; ons staan op en beweeg aan.

Maar luiheid is iets wat ek eenvoudig nie kan verdra nie. En tog is dit iets wat jy al te dikwels by gelowiges sien. Mense sê baie maklik: Wel, ons is almal broers en susters. Dit gaan alles oor liefde. Ek kan maak wat ek wil. Maar dit is beslis nie wat God van ons vra nie. Ons sien in:

Romeine 12:11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.

Josef in die Ou Testament het baie hard gewerk te midde van so baie onreg en teëspoed, maar hy het sy gawes telkens tot eer van God gebruik.

Jy sou Jesus nooit as lui kon bestempel nie, nè? Wat laat ons dan dink dat luiheid aanvaarbaar is wanneer ons God dien?

My vriend, mense daar buite sterf sonder Jesus. Hulle moet van Jesus hoor. Jy het gawes en vermoëns wat die res van ons nie het nie. Gawes en vermoëns waardeur God kragtig kan werk, om mense na Homself te trek.

Kan ek ‘n die vertaling uit Die Boodskap vandaardie vers vir jou gee? 

Romeine 12:11. Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe. 

Moenie lui wees as dit by God kom nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.