... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie ‘n Fout Maak Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs15:4-8 … Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

Listen to the radio broadcast of

Moenie ‘n Fout Maak Nie


Download audio file

Ons het seker almal al ‘n begrafnis van ‘n geliefde, ‘n vriend of ‘n kollega bygewoon. Daardie plegtige seremonie is ‘n belangrike deel van die rouproses. Dit help om vrede te maak en die verlies te hanteer.

Ja, ek weet, om oor dood en begrafnisse te praat, is ‘n somber manier om vandag se boodskap mee af te skop. Maar moenie weggaan nie, die goeie deel kom, want vandag gesels ons oor opstanding. Omdat ons almal seker al die dood van ‘n geliefde of kennis ervaar het, en oor iemand na aan ons getreur het, vind ons die idee van ‘n opstanding so ‘n moeilike konsep om te begryp; so ‘n moeilike ding om te glo. Neem nou vir Jesus…Ons lees in:

1 Korintiërs 15:4-8 … Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

Jy ken seker die geskiedenis van hoe Jesus se dissipels gesukkel het om sy opstanding uit die dood te verwerk. Dit het reg onder hul neuse gebeur. En daarby het hulle en nog honderde ander mense die opgestane Christus teëgekom.

Onthou nou, Paulus het hierdie brief aan die Korintiërs geskryf in ‘n tyd toe baie van die mense wat die opstanding beleef het, nog gelewe het en die getuienis kon weerlê. Hulle het nie. Wees dus heeltemal verseker dat die opstanding werklik gebeur het. Christus het opgestaan. Dis goeie nuus, want dit beteken dat as ons op Hom vertrou, ons ook eendag sal opstaan.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.